Anton Ruperd

Anton Rupert

vanuit Wikipedia, die vrye ensiklopedie.

Spring na: navigasie, soek
Anthony Edward Rupert (4 Oktober 1916, Graaff-Reinet – 18 Januarie 2006, Stellenbosch) was 'n Afrikaanse entrepreneur van Suid-Afrika, besigheidsman en omgewingsbewaarder. Hy is gebore en het grootgeword in die dorp Graaff-Reinet in die Oos-Kaap. Hy studeer in Pretoria en trek later na Stellenbosch, waar die Rembrandt Groep gestig is en steeds sy hoofkwartier het. Hy sterf in sy slaap by sy huis Thibaultstraat, Stellenbosch op die ouderdom van 89, en word oorleef deur sy seun Johann, 'n dogter Hanneli en ses kleinkinders. In 2004, word hy verkies tot die 28ste plek in die Voorste 100 Groot Suid-Afrikaners projek.

Sakeloopbaan

Nadat hy sy mediese studies gestaak het weens 'n gebrek aan geld, verwerf Rupert sy graad in chemie aan die Universiteit van Pretoria, waar hy ook doseer vir ‘n kort tydperk. Hierna begin hy 'n droogskoonmaak onderneming.
'n Tyd hierna in die 1940's, met 'n aanvanklike belegging van 10 pond en saam met twee ander beleggers stig hy die tabakmaatskappy, Voorbrand. Aanvanklik word die sigarette in sy motorhuis vervaardig. Hy bou hierdie onderneming uit tot wat die tabak en industriële reus Rembrandt sou word. Rembrandt se buitelandse tabakbelange word gekonsolideer in die maatskappy Rothmans in 1972.
Hy het die transformasie van Rembrandt wat verdeel het in Remgro ('n beleggingsmaatskappy met finansiële, mynbou en industriële belange) en Richemont ('n Switsers gebaseerde luukse artikel groep) bestuur. Richemont besit luukse handelsmerke soos Cartier, Alfred Dunhill, Sulka, Seeger, Piaget, Baume & Mercier, Vacheron Constantin en Montblanc.
Hierdie besighede bestaan tans uit honderde maatskappye wat teenwoordig is in 35 lande op ses kontinente met 'n gekombineerde jaarlikse netto verkope in die omgewing van VSA $10 miljard. In 1995 het Rembrandt en Richemont hul tabakbelange gekonsolideer in Rothmans International, wat op daardie tydstip die wêreld se...